Indien jy musikaal is en voel jy wil graag jou bediening uitleef en deel word van 'n dinamiese span, kom maak 'n draai. Die musiekspan oefen Donderdagaande om 18:30 by die kerk.
Jy kan ook opgelei word as klankpersoon of mediapersoon as deel van hierdie bediening. Indien jy belangstel om by klank of media betrokke te raak, kontak ons gerus of kom loer in op ‘n Donderdagaand.