Ons Joykids kinderkerk bied aan elke kind tussen die ouderdom van 2 en 11 jarige ouderdom ‘n veilige omgewing waarin hulle op hulle manier kan droom. Ons het ‘n baie doeltreffende en professionele sillabus met toegewyde personeel wat persoonlik aandag aan ons kinders gee.
Met geleentheid word ons kinders ook tydens die oggendbyeenkomste toegelaat om deel van die byeenkoms te wees. Ons is ‘n gesinsgemeente wat graag ook ons kinders wil toerus en leer van hoe dinge in die “groot kerk” werk sodat hulle ook daar kan sien en ervaar hoe Jesus Christus mense aanraak en gesondmaak. Ons kinders is bv. ook deel van ons Nagmaal Sakrament, want dit is belangrik vir hulle om te weet en te verstaan hoekom ons Nagmaal het en wat Jesus Christus vir ons gedoen het.
Ons het moederskamer fasiliteite en maak ook voorsiening vir voorskoolse kinders vir wie ons ‘n afsonderlike speel- en oppasklassie het. Terwyl hulle hier besig gehou word kan mamma en pappa rustig die byeenkoms geniet. Die omgewing is veilig en gerieflik.